>


Inkopies mandjie
Card image cap
Lampas Klanklees
R 300.00

Card image cap
Leesboek No.1
R 100.00

Card image cap
Leesboek No.2
R 100.00

Card image cap
Leesboek No.3
R 100.00




0.00
0.00
0.00
0.00
Kontak Ons

Epos: benjan.petterson@gmail.com

Nommer: 071 887 8916

Fokus van Lampas Klanklees

Al is Lampas Klanklees oorspronklik geskryf vir beginnerlesers, het ons dit verwerk om ook 'n hulpmiddel te wees vir kinders wat hulle lees wil verbeter. Die program verskil hemelsbreed van die skoolprogramme. Terapeute snap die waarde gewoonlik dadelik, terwyl baie onderwyseresse dit eers teen die bestaande kurrikulum opweeg. Sommige kinders is selfs 13jr en ouer wanneer hul ouers agterkom dat lees 'n wesenlike probleem in hul lewens is. Lampas Klanklees se hoofsaaklike doel is om kinders te help om sonder die drama van reëls en teorieë te leer lees deur eenvoudig net te lees. Die program word op rekenaar aangebied en het Windows nodig om te werk. Lampas klanklees is 'n vaardigheids-leesprogram wat meer fokus op die kind se vermoë om met begrip te lees, as die akademiese waarde. Op hierdie stadium is die program slegs in Afrikaans beskikbaar.




Produkte

Klik op die onderstaande produkte vir meer inligting en ook om produkte by U inkopiemandjie te voeg.
Let asseblief daarop dat die aankoop van enige produkte wat op hierdie webwerf verkoop word U bind tot alle termes en voorwaardes.
Lampas Klanklees poredukte mag net aangewend word vir U eie gebruik. Onder geen omstandiggede en vir geen rede mag Lampas Klanklees produkte verspry of dupliseer word nie.

Lampas Klanklees Program in Afrikaans

Card image cap

Lampas Klanklees is 'n rekenaarprogram wat die student lei om self te leer lees deur die muis te beweeg en te klik. Beginner-lesers benodig egter 'n onderwyser, ma of sussie om les een en twee deur te werk.
Klanke word deur simbole (letters, woorde en prente) voorgestel, en die kind kan self leer deur te doen.
As voorbeeld neem ek die woord "nes". Die muis word oor die letter "n" beweeg en dan hoor jy die klank "nnnnn" dan oor die letter "e" en jy hoor die klank "hêêêêê" dan oor die klank "s" en nou hoor jy "sssss"
Die kind sê die klanke agterna. Dit word herhaal, en die kind doen dit weer. Elke keer as dit herhaal word, beweeg die onderwyser die muis bietjie vinniger, en die kind hoor die woord "nes" later en spreek dit dan ook so uit.
Die "hê" word gebruik omdat ons die klankvloei deel maak van die woord. Die kind leer om te lees deur te lees. Dit is asof dit net 'n uitspraak van klanke volgens die letters is.
As 'n woord met 'n blou klank (klinker) begin, begin die letter met 'n plofklank soos met die woord "en". Lang woorde is net so maklik soos kort woorde.
Omdat die program die vier letters wat die meeste in Afrikaans gebruik word (e,n,d en s), eerste leer, lê hulle klanke in Les 1 al vas sonder dat die kind dit ingedril word.
Les 2 het nog vier klanke by: r,l,a en t. Teen die tyd kan die kind al 'n storie lees. Vir sommige kinders is dit al hulle tweede dag van lees.
Dit is moontlik om 'n kind op die program te leer as die kind (1) 'n hond en kat se prente kan onderskei en (2) as die kind in Afrikaans sinne van vyf woorde kan praat.



R 300.00
Leesboek No.1

Taal: Afrikaans

Storie 1: Dokter Miskruier en Duisendpoot
Toktokkie, die SMS insek van die bosveld het 'n baie moeilike som om uit te werk.

Storie 2: Dokter Miskruier en die resies
Wie gaan wen?

Onthou Speletjie

Klik op die klank en kry sy woord-maatjie



Die stories kan op drie maniere gelees word:

1. Geen klank: die kind lees die storie soos 'n boek.

2. Woorde: as die kind met die muis op 'n woord klik, dan lees die woord hardop.

3. Sinne: Klik op die miertjie, en hy lees die sin voor.

R 100.00
Leesboek No.2

Taal: Afrikaans

Storie 1: Eiervreterslang
Dokter Miskruier loer deur die blare...

Storie 2: Bytjie se partytjie
Is dit regtig 'n geheim?

Meester-dink Speletjie

Werk uit hoeveel kolle in die ry is


Die stories kan op drie maniere gelees word:

1. Geen klank: die kind lees die storie soos 'n boek.

2. Woorde: as die kind met die muis op 'n woord klik, dan lees die woord hardop.

3. Sinne: Klik op die miertjie, en hy lees die sin voor.

R 100.00
Leesboek No.3

Taal: Afrikaans

Storie 1: Kriek sit vas
Dokter Miskruier! Kom gou...

Storie 2: Perdeby Baklei
Hoe gaan Dr Miskruier sy maatjie help?

Raai die woord Speletjie

Hang-man


Die stories kan op drie maniere gelees word:

1. Geen klank: die kind lees die storie soos 'n boek.

2. Woorde: as die kind met die muis op 'n woord klik, dan lees die woord hardop.

3. Sinne: Klik op die miertjie, en hy lees die sin voor.

R 100.00
Lees Meer

Lees is ’n vaardigheid soos loop of praat wat elke kind kan bemeester. Dis makliker as praat. Daar is dus geen ouderdomsbeperking wanneer lees op die regte en eenvoudige manier benader word nie. Verkieslik moet ’n kind van 3 tot 4 jaar oud begin lees op die Lampas Klanklees metode. Die kind moet Afrikaans kan praat om te leer lees.

Leer vinnig lees

Die eerste kind wat op die Lampas Klanklees metode leer lees het, kon binne 5 dae klein Afrikaanse boekies met genot deurlees. Dit is hoofsaaklik omdat dit nie fokus op die tradisionele manier van leesreëls nie. Daar is baie reëls weggeneem wat eerder in die pad staan van ’n kind se leesgenot. As ’n kind leer praat, gee ons hom tog nie eers ’n stel reëls nie. Ons help hom om dit as kommunikasiehulp aan te leer. Hoe meer ons aanmoedig, en indirek reghelp (bv. deur die kind se sin te herhaal met die regte sinsorde), hoe makliker gebruik die kind spreektaal as kommunikasie. Dieselfde behoort met lees te gebeur as die kind dit as ’n lewensvaardigheid aanleer.

Vaardigheid

Vaardighede het geen ouderdomsbeperking nie. Basiese vaardighede is gewoonlik die grootste aanduiding van ’n mens se gereedheid vir die volgende vaardigheid. By lees is daar by die meeste mense nie ’n visuele vaardigheidsprobleem nie. Dit kan maklik uitgebou word deur die kind te leer om tekenprenjies te lees. (Volwassenes wat nog nie geleer het om tekenprentjies te verstaan nie, kan dit nie sonder meer lees nie. Dis ’n vaardigheid om aan te leer.) Die kind se taalwiskunde is reeds volledig genoeg ontwikkel as hy in sy moedertaal met vol sinne kan kommunikeer. Die leeswiskunde is ’n baie makliker vaardigheid en slegs gebaseer op ’n paar simbole, kombinasies, rigting en natuurlik sy eie basis van taalwiskunde.

Moedertaal

Dit is noodsaaklik vir ’n kind om eers te kommunikeer in sy moedertaal en dan in daardie taal te leer lees. Moedertaal is ’n taal wat iemand voor 4 jr. so aangeleer het, dat hy daarin kan dink. ’n Kind kan meer as een taal op 'n vroeë ouderdom aanleer. As ’n kind al kan lees, maak dit nie saak of die volgende taal wat hy leer lees moedertaal is of nie. In Lampas Klanklees is die taalwiskunde uiters belangrik vir lees, daarom moet die kind eers in die taal waarin hy leer lees ’n taalwiskunde basis hê.

Nuwe wetenskaplike metodes

1. Die skrywers het hierdie program ontwikkel deur die letters en die woorde van die Bybel, deur ‘n rekenaar-dataprogram te tel. Die letters wat die heel meeste voorkom word dan eerste geleer, so ook word die woorde wat meeste voorkom eerste geleer. Die kind kan dadelik bekende woorde en letters oral raaksien. Die sinne is so saamgestel dat die kind eers die letters dadelik gebruik wanneer hy dit leer. Nadat die kind sy eerste 4 letters geleer het, lees hy sinne wat uit die 4 letters bestaan. 2. Die inmekaarvloei van die letters word op ‘n totaal nuwe manier hanteer sodat die studente woorde dadelik kan lees terwyl hulle die letters leer herken. Baie kinders lees hulle eerste woorde al in die eerste minuut. 3. Die kind word gelei om soveel moontlik van die muis gebruik te maak en te klik of te beweeg sodat hy ontdekkend deur die program kan lees. Die rekenaar maak dan die klanke of woorde deur die luidsprekers.

Lees en spelreëls

Lampas Klanklees bevat amper geen direkte reëls nie. Die kind kan afleidings maak, en deur leeswiskunde leer om die regte uitsprake te maak. Lees as vaardigheid behoort geen spelreëls of leesreëls of spelling in te hê nie. Dit kan later geleer word. Kinders leer nie regtig om te spel as hulle spelling geleer te word nie, maar deur baie te lees. Lesers sien spelfoute baie vinniger as nie-lesers raak. Leesreëls is baie moeilik en abstrak wanneer dit in ’n teoretiese metode geleer word. Min kinders onder 5 jr. is opgewasse vir die uitdaging om op daardie manier te leer.

Lees is lekker!

Die kind behoort binne ‘n paar dae met gemak te lees. Wat die program egter aantreklik maak, is die feit dat die kinders daarna daarvan hou om te lees. Ons het dit ook getoets op kinders wat verstandelik nie in gewone skole kan inpas nie. Hulle kon hierdeur makliker leer lees en leesterapie ontvang. Daar word nie op die ‘teorie-praktyk’-benadering in hierdie program gefokus nie, maar wel op die ‘leer-deur-te-doen’-benadering.

Getuienis

Brief van 'n Tuisskool Ouma

Lampas Klanklees is vir ELKE ouderdom! Ja, ek verstout my om te sê – ook vir grootmense wat nie kan lees nie! Hierdie dinge vertel ek nie omdat ek kommissie of afslag kry nie, maar omdat dit die waarheid is en ‘n wonderlike hulpbron. My kleinseun Rynier [13] was tot en met Gr.2 in ‘n skool vir Epilepsie en Leer Gestremde kinders. Hy kon steeds in Grd. 2 glad nie lees nie. Hy was bloot net nie in staat om die letters van die alphabet wat hy [uiteindelik] kon identifiseer,te omskep in woorde nie. Dan was daar by dit die ellende dat hy die woorde wat ons hom uiteindelik sover kon kry OM te lees, nie kon ONTHOU nie. Binne 3 weke nadat ek hom touwys gemaak het om met die program te werk [met min moeite] het Rynier begin lees! Nie net lees nie, maar ook geniet wat hy lees. Verder het hy self en in sy eie tyd begin werk [En soos ek persoonlik aan ‘n mede Tuisskool Mamma, Tanya, geskryf het: Rynier vertel altyd: “Oumie, dis lekker as ek dit self doen, dan voel ek nie so dom nie!” Daar is egter EEN ASPEK van LAMPAS KLANKLEES wat ek nog NIE geleentheid gehad het om met die verspreiders te kon bespreek nie, wat OUERS “moontlik” kan verwar. Wanneer daar met die muis OP die afsonderlike letters ‘geklik’ word – is die KLANK wat by elke letter kom BAIE VREEMD op die ore van die OUERS of die persoon wat toesig hou oor die kind! Moet asseblief NIE stress nie – Lees die INSTRUKSIES deeglik en vertrou net – mense dit werk! Rynier lees nou soggens die Koerant en verslind alle advertensies wat te doen het met SY dinge waarin HY belangstel. Hierdie was ‘n kind sonder hoop wat ontpop het in ‘n seun vol vertroue. Ons is opreg dankbaar teenoor Onse Heer vir hierdie program – dis maar net my eenvoudige en praktiese getuienis van die LAMPAS KLANKLEES Program. Groete.